Sterker sekuriteit vir jou Google-rekening

Met 2-stap-verifikasie sal jy jou rekening beskerm met beide jou wagwoord en jou foon

Hoekom jy dit nodig het

Dit is makliker as wat jy dink vir iemand om jou wagwoord te steel

hoekom-nodig-img-1

Dit is makliker as wat jy dink vir iemand om jou wagwoord te steel

Enige van hierdie algemene aksies kan die risiko verhoog dat jou wagwoord gesteel word:

  • Die gebruik van dieselfde wagwoord op meer as een werf
  • Die aflaai van sagteware van die internet af
  • Deur op skakels in e-posboodskappe te klik

2-stap-verifikasie kan help om die slegte ouens uit te hou, selfs al het hulle jou wagwoord.

Stel jou voor dat jy toegang tot jou rekening en alles daarbinne verloor

Wanneer 'n slegte ou jou wagwoord steel, kan hulle jou uit jou rekening uitsluit en dan enige van die volgende doen:

  • Deur al jou e-posse, kontakte, foto's, ens. gaan en dit selfs uitvee
  • Voorgee om jy te wees en ongewenste of skadelike e-posse aan jou kontakte stuur
  • Jou rekening gebruik om die wagwoorde terug te stel vir jou ander rekeninge (bank, inkopies, ens.)
hoekom-nodig-img-2

Hoe dit werk

Aanmelding by jou rekening sal 'n bietjie anders werk

hoe-werk-dit-img-1

Aanmelding by jou rekening sal 'n bietjie anders werk

Hou aanmelding eenvoudig

Jy kan tydens aanmelding kies om nie weer 2-stap-verifikasie op te gebruik nie. Van dan af sal daardie rekenaar jou net vir jou wagwoord vra wanneer jy aanmeld.

Jy sal steeds gedek word, want wanneer jy of enigiemand anders van af by jou rekening probeer aanmeld, sal 2-stap-verifikasie vereis word.

hoe-werk-dit-img-2

Hoe dit jou beskerm

'n Ekstra laag sekuriteit

Jou wagwoord 2-stap-verifikasie

'n Ekstra laag sekuriteit

Die meeste mense het net een laag ­­­­­­­­– hul wagwoord – om hul rekening te beskerm. Met 2-stap-verifikasie sal 'n slegte ou steeds jou foon of sekuriteitsleutel moet hê om by jou rekening in te kom as hy deur jou wagwoordlaag dring.

Aanmelding sal iets vereis wat jy weet en iets wat jy het

Met 2-stap-verifikasie sal jy jou rekening beskerm met iets wat jy ken (jou wagwoord) en iets wat jy het (jou foon of sekuriteitsleutel).

hoe-beskerm-dit-img-2
hoe-beskerm-dit-img-2

Verifikasiekodes net vir jou gemaak

Kodes word uniek vir jou rekening gemaak wanneer jy dit nodig het. As jy kies om verifikasiekodes te gebruik, sal hulle per SMS, stemoproep of ons mobiele program na jou foon gestuur word. Elke kode kan net een keer gebruik word.

Sien Kenmerke om uit te vind oor rugsteunopsies vir kere wanneer jou foon nie beskikbaar is nie.

Is jy gereed om 2-stap-verifikasie vir jou rekening op te stel? Ons beveel aan dat jy dit doen van jou skootrekenaar of rekenaar af vir die beste inskrywingservaring.