Advertering

Advertering verseker dat Google en baie van die webwerwe en dienste wat jy gebruik, gratis bly. Ons werk hard om seker te maak dat advertensies veilig, nie-opdringerig en so relevant moontlik is. Jy sal byvoorbeeld nie opspring-advertensies op Google sien nie en ons beëindig elke jaar die rekeninge van honderdduisende publiseerders en adverteerders wat ons beleide oortree – insluitend advertensies met wanware, advertensies vir nagemaakte goedere of mense wat probeer om jou persoonlike inligting te misbruik.

Hoe Google webkoekies in advertering gebruik

Webkoekies help om advertering meer effektief te maak. Sonder webkoekies is dit moeiliker vir 'n adverteerder om sy gehoor te bereik of om te weet hoeveel advertensies gewys is en hoeveel klikke hulle ontvang het.

Baie webwerwe, soos nuuswerwe en blogs, tree in 'n vennootskap met Google om advertensies vir hul besoekers te wys. Saam met ons vennote kan ons webkoekies gebruik vir verskeie doeleindes, soos om te keer dat jy dieselfde advertensie oor en oor sien, om klikbedrog te bespeur en te stop en advertensies te wys wat waarskynlik relevanter sal wees (soos advertensies gebaseer op webwerwe wat jy besoek het).

Ons bêre 'n rekord van die advertensies wat ons bedien in ons loglêers. Hierdie bedienerloglêers sluit gewoonlik jou webversoek, IP-adres, blaaiertipe en -taal, die datum en tyd van jou versoek en een of meer webkoekies in wat jou blaaier uniek kan identifiseer. Ons bêre hierdie data vir 'n aantal redes. Die belangrikste rede is om ons dienste te verbeter en die sekuriteit van ons stelsels te handhaaf. Ons maak hierdie loglêerdata anoniem deur 'n deel van die IP-adres (ná 9 maande) en die webkoekie-inligting (ná 18 maande) te verwyder.

Ons adverteringswebkoekies

Om ons vennote te help om hul advertering en webwerwe te bestuur, bied ons baie produkte aan, insluitend AdSense, AdWords, Google Analytics en 'n reeks dienste met die DoubleClick-handelsmerk. Wanneer jy 'n bladsy besoek wat een van hierdie produkte gebruik, óf op een van die Google-webwerwe óf op een van ons vennote se webwerwe, kan verskeie webkoekies na jou blaaier gestuur word.

Dit kan gestel word van 'n paar verskillende domeine af, insluitend google.com, doubleclick.net, invitemedia.com, admeld.com, googlesyndication.com of googleadservices.com. Sommige van ons adverteringsprodukte stel ons vennote in staat om ander dienste te gebruik saam met ons s'n (soos 'n advertensiemeting- en verslagdiens) en hierdie dienste kan hulle eie webkoekies na jou blaaier stuur. Hierdie webkoekies sal vanaf hul domeine gestel word.

Sien meer besonderhede oor die tipes webkoekies wat gebruik word deur Google en ons vennote en hoe ons dit gebruik.

Hoe jy adverteringswebkoekies kan beheer

Jy kan Advertensie-instellings gebruik om die Google-advertensies wat jy sien, te bestuur en intekening op belangstellinggegronde advertensies te weier. Selfs as jy intekening op belangstellinggebaseerde advertensies weier, kan jy dalk steeds advertensies sien op grond van faktore soos jou algemene ligging wat van jou IP-adres afgelei is, jou soort blaaier en onlangse, vorige soektogte wat met jou huidige soektog verband hou.

Jy kan ook baie maatskappye se webkoekies wat vir aanlyn advertensies gebruik word, bestuur met die verbruikerkeusenutsgoed wat in baie lande ingevolge selfreguleringprogramme geskep is, soos die aboutads.info choices-bladsy in die VSA en Your Online Choices in die EU.

Ten slotte kan jy webkoekies in jou webblaaier bestuur.

Ander tegnologieë wat gebruik word in advertering

Google se adverteringstelsels kan dalk ander tegnologieë gebruik, insluitend Flash en HTML5, vir funksies soos die wys van interaktiewe advertensieformate. Ons kan byvoorbeeld dalk die IP-adres gebruik om jou algemene ligging te identifiseer. Ons kan dalk ook advertering kies op grond van inligting omtrent jou rekenaar of toestel, soos jou toestelmodel, blaaiertipe of sensors in jou toestel, soos die versnellingmeter.

Ligging

Google se advertensieprodukte kan inligting oor jou ligging uit 'n verskeidenheid bronne ontvang of aflei. Byvoorbeeld, ons kan die IP-adres gebruik om jou algemene ligging te identifiseer; ons sal dalk 'n presiese ligging van jou mobiele toestel af ontvang; ons sal dalk jou ligging uit jou soeknavrae aflei; en webwerwe en programme wat jy gebruik, sal dalk vir ons inligting oor jou ligging stuur. Google gebruik ligginginligting in sy advertensieprodukte om demografiese inligting af te lei, om die advertensies wat jy sien, relevanter te maak, om advertensievertoning te meet, en om saamgestelde statistiek aan adverteerders oor te dra.

Advertering-identifiseerders op mobiele toestelle

Om advertensies te lewer in dienste waar webkoekietegnologie dalk nie beskikbaar is nie (byvoorbeeld in mobiele programme), kan ons tegnologieë gebruik wat soortgelyke funksies as webkoekies verrig. Soms verbind Google die identifiseerder wat vir advertensies in mobiele programme gebruik word, aan 'n reklamewebkoekie op dieselfde toestel om advertensies oral in jou mobiele programme en mobiele blaaier te koördineer. Dit kan byvoorbeeld gebeur wanneer jy 'n advertensie in 'n program sien wat 'n webbladsy in jou mobiele blaaier oopmaak. Dit help ons ook om die verslae te verbeter wat ons aan ons adverteerders oor die doeltreffendheid van hul veldtogte gee.

Volg die instruksies hieronder om intekening op belangstellinggebaseerde advertensies op jou mobiele toestel te weier.

Android

Vind Google-instellings op een van hierdie plekke (afhangend van jou toestel):

Raak Advertensies.

Skakel "Weier intekening op belangstellinggebaseerde advertensies" aan.

iOS

Toestelle met iOS 6 of nuwer gebruik Apple se Advertising Identifier. Besoek die Settings-kieslys op jou toestel om meer te wete te kom oor jou keuses vir die gebruik van hierdie identifiseerder.

Wat bepaal die advertensies deur Google wat ek sien?

Baie besluite word geneem om te bepaal watter advertensies jy sien.

Soms is die advertensie wat jy sien, op jou huidige of voormalige ligging gebaseer. Jou IP-adres is gewoonlik 'n goeie aanduiding van jou benaderde ligging. Daarom sal jy dalk 'n advertensie op die tuisblad van YouTube.com sien wat 'n fliek adverteerder wat binnekort in jou land wys, of 'n soektog na “pizza” sal dalk resultate vir pizzaplekke in jou dorp oplewer.

Soms is die advertensie wat jy sien, op die konteks van 'n bladsy gegrond. As jy na 'n bladsy met tuinmaakwenke kyk, kan jy dalk advertensies vir tuinmaaktoerusting sien.

Jy sal dalk soms ook 'n advertensie op die web sien wat op jou programaktiwiteit gebaseer is, of 'n advertensie in 'n program sien wat op jou webaktiwiteit gebaseer is of wat op jou aktiwteit op 'n ander toestel gebaseer is as jy vroeër op 'n ander toestel by jou Google-rekening aangemeld het.

Soms lewer Google die advertensies wat jy op 'n bladsy sien, maar word hulle deur 'n ander maatskappy gekies. Byvoorbeeld, jy het dalk op 'n koerantwebwerf geregistreer. Op grond van inligting wat jy aan die koerant gegee het, kan dit besluite neem oor watter advertensies om vir jou te wys, en dit kan Google se advertensieverskaffingsprodukte gebruik om daardie advertensies te lewer.

Jy sal dalk ook advertensies op Google-produkte en -dienste, insluitend Search, Gmail en YouTube, sien wat gebaseer is op inligting soos jou e-posadres wat jy aan adverteerders verskaf het en wat die adverteerders dan met Google gedeel het.

Hoekom sien ek advertensies deur Google van produkte wat ek bekyk het?

Jy kan dalk, deur wat as herbemarking bekend staan, advertensies sien vir produkte wat jy vroeër bekyk het. Kom ons veronderstel jy besoek 'n webwerf wat gholfstokke verkoop, maar jy koop nie daardie stokke op jou eerste besoek nie. Die webwerfeienaar kan jou dalk wil aanmoedig om terug te keer en jou aankoop te voltooi. Google bied dienste wat webwerfoperateurs toelaat om hul advertensies te mik op mense wat hul bladsye besoek het.

Om dit te laat werk, lees Google 'n webkoekie wat reeds in jou blaaier is, of plaas 'n webkoekie in jou blaaier wanneer jy die gholfwebwerf besoek (as aanvaar word dat jou blaaier toelaat dat dit gebeur).

Wanneer jy 'n ander webwerf besoek wat met Google saamwerk, wat dalk niks met gholf te doen het nie, kan jy dalk 'n advertensie vir daardie gholfstokke sien. Dit is omdat jou blaaier dieselfde webkoekie vir Google stuur. Ons kan daardie webkoekie weer gebruik om vir jou 'n advertensie te wys wat jou kan aanmoedig om daardie gholfstokke te koop.

Google kan jou besoek aan die gholfwebwerf ook gebruik om vir jou gepasmaakte advertensies te wys wanneer jy later op Google na gholfstokke soek.

Ons het beperkings op herbemarking. Ons verbied adverteerders byvoorbeeld om op grond van sensitiewe inligting, soos gesondheidinligting of godsdienstige oortuigings, te herbemark.

Kom meer te wete oor Google-advertensies.