Op 6 Junie 1944 het die grootste gekombineerde vloot-, militêre en lugmag-aanval wat die wêreld ooit gesien het, begin. Die kodenaam was "Overlord". Die D-dag-landings aan die kus van Normandië was die begin van 'n veldslag wat uiteindelik gelei het tot die Geallieerde-oorwinning in Europa, in Mei 1945.
Voorbereidings vir die bevryding van Wes-Europa het begin kort na die ontruiming van Geallieerde-magte vanaf Duinkerke, in 1940.
Teen die einde van 1941 het Brittanje verenig met die Sowjet-Unie en die Verenigde State, om die "Groot Alliansie" teen Hitler te vorm. In 1943 het die leiers van die Geallieerdes in Tehran ontmoet om hul strategie te beplan.
Hierdie uitstalling neem die beplanning wat nodig was om die sukses van operasie "Overlord" te verseker, asook die verwikkelinge van D-dag soos dit ontvou het, in oënskou.
Die aanval op Sword-strand, 6 Junie 1944
In November 1943 het die Geallieerdes in Tehran ontmoet om hul strategie te beplan. Brittanje en die VSA het ooreengekom om in die volgende lente 'n aanval oor die Engelse Kanaal te loods. Die Sowjet-Unie het sedert Julie 1941 aangedring op 'n "tweede front" vanuit die weste.
Die "Groot Drie" in Tehran, 1943
In Desember 1943 is 'n bevelspan gevorm om die Geallieerde-oorlog met die gekombineerde inval van lug-, see- en landsmagte te beplan en te dryf. Generaal Dwight D. Eisenhower is as Opperbevelhebber van die Geallieerde-magte aangewys.
Die ‘D’ in D-dag staan bloot vir dag. Die Engelse terme D-Day en H-Hour is deur die militêre beplanners gebruik om die dag en uur van 'n toekomstige operasie te benoem, hoewel die werklike dag en datum nog moes bepaal word en hoogs geheim was.
Die span in bevel, 1944
Generaal Dwight D. Eisenhower
Hooflugmaarskalk sir Arthur Tedder is aangewys as adjunk-opperbevelhebber.
Admiraal sir Bertram Ramsay is aangewys as die Geallieerdes se vloot-opperbevelhebber.
Frederick Morgan was hoof van die generale staf van die Geallieerdes se opperbevel.
Sir Arthur Tedder
Sir Bertram Ramsay
Frederick Morgan
Generaal sir Bernard Montgomery, as opperbevelhebber van die 21ste Army Group, was in bevel van die Geallieerdes se grondmagte gedurende die aanvalsfase in Normandië.
Hooflugmaarskalk sir Trafford Leigh Mallory is aangewys as die opperbevelhebber van die Geallieerdes se ekspedisielugmagtroepe.
Sir Bernard Montgomery
Sir Trafford Leigh Mallory
Sorgvuldige beplanning was waarop die sukses van die D-dag-operasie gerus het. Terwyl fabrieke in Brittanje onverpoosd gewerk het om die reusemassa wapens, ammunisie en wapentuig wat vir die invalsmagte nodig was, te produseer, was 'n wye verskeidenheid spesialiste besig om hul unieke kennis en vernuf prakties in die legkaart in te pas.
Gedetailleerde inligting is saamgestel oor die Duitse verdediging, die vegsterrein en die weersomstandighede. Uitvinders en ingenieurs het ook spesiale toerusting opgetower om die magte veilig in Normandië te help land.
Vals inligting is ook aan die Duitsers gevoer om die aandag weg te kry van die werklike aanvalsfront.
Kammalandingsvaartuie
Groepkaptein J.M. Stagg, RAF se hoofmeteorologie-offisier
Veiligheidsuniform soos gedra deur lede van die gekombineerde operasies se loodsgroepe
WRNS besig met sensuur van briewe, deur Thomas Hennell
'n Menigte spesiale skepe is ontwikkel en gebou vir D-dag. Benewens tenkdraende landingvaartuie was daar ook piepklein aanvalsbootjies en massiewe landingskepe.
Die Women's Auxiliary Air Force (WAAF), is in Junie 1939 gestig om RAF-personeel die tyd te gun om frontdienste te vervul. Teen 1943 was daar 182 000 WAAF-lede.
Tenklandingsvaartuie Churchill AVRE Lede van die WAAF pak valskerms vir gebruik gedurende die Normandië-inval
Die Geallieerdes kon nie staatmaak om met die inval ongeskonde hawens buit te maak nie en daarom is twee kunsmatige hawens beplan, een in die Britse sektor en die ander in die Amerikaanse sektor. Elkeen van hulle is van 400 voorafvervaardigde seksies aanmekaar gesit.
Elke Mulberry-komponent is 'n kodenaam gegee. Die landingshoofde was "whales" terwyl die paaie wat hul verbind het en met die gety gelig en gedaal het op aanpasbare bene "spuds" was. Versonke betoncaissons of dryfhekke was "phoenixes", drywende staaltenks "bombardons" en versonke blokskepe "corncobs", wat deel van 'n buiteverdediging bekend as "gooseberry" uitgemaak het, om die landingshoofde te beskerm.
Die kunsmatige Mulberry-hawe by Arromanches
Model van 'n seksie van 'n Mulberry-hawe
Vanaf Februarie 1944 het Geallieerde-bomwerpers die Franse pad- en spoorweg-netwerke deurentyd aangeval, om die gebiede waar die inval sou plaasvind te isoleer en dan die vinnige verskuiwing van Duitse versterkings en wapentuig in die wiele te ry.
Om die feit te vermom dat Normandië wel die invalsgebied sou wees, in 'n menigte ander teikens in Noord-Frankryk ook aangeval. Met sononder op 5 Junie het RAF-bomwerpers begin om bondels metaalfoeliestrokies, kodenaam "window", oor die Kanaal te strooi, om die Duitse radarskerms en operateurs te verwar.
Op D-dag het die Geallieerde-lugmagte meer as 14 000 vlugte onderneem ter ondersteuning van die landingsmagte, waar hulle feitlik geen weerstand van die Luftwaffe ondervind het nie. In die vroeë ure van 6 Junie het drie divisies van die Geallieerde-lugmagsoldate per valskerm en met sweeftuie geland, om die flanke van die invalstrande te beveilig en te beskerm.
Vliegtuigversterkings word voorberei
Metaalfoeliestrokies, kodenaam "window"
Invalsinstruksies
Private geskrifte van S.R. Verrier
Om die kusgebiede teen 'n moontlike Geallieerde-inval te verdedig, het die Duitsers massiewe fortifikasies gebou, genoem die Atlantiese Muur. Dit het beton-pilboks-beskuttings, bunkers en geskutsposisies ingesluit.
Vroeg in 1944, toe veldmaarskalk Erwin Rommel die bevel van die Duitse magte – vanaf Nederland tot die Liorerivier – oorgeneem het, is die fortifikasies verder versterk, in die besonder oorkant die Engelse Kanaal.
'n Pilboks, deur C.A. Russell
Inspeksie van die Atlantiese Muur
Teen die middel van Mei 1944 is sowat 6 500 000 myne gelê en meer as 500 000 strandhindernisse aangebring. In die Normandië-gebied was die verdediging hoofsaaklik beman deur lede van die Duitsers se 716de infanteriedivisie, wat 'n aantal Pools- en Russies-gebore dienspligtiges ingesluit het.
By Omaha-strand was daar egter strydverharde lede van die Duitse 352ste infanteriedivisie, wat juis besig was met teenaanvalsoefeninge, op 6 Junie 1944.
Strand-hindernisse
Myne in Seine-baai
Die vlootelement van operasie "Overlord", onder bevel van admiraal sir Bertram Ramsay, se kodenaam was operasie "Neptune".
In Junie 1944 het dit bykans 7 000 oorlogskepe, landingsvaartuie en ander vaartuie ingesluit, wat almal in die hawes van Suid-Engeland versamel het. Mynveërs het intussen stroke oor die Kanaal skoon gehou. Op D-dag, onder dekking van kanonvuur het twee vloottaakmagte, het twee Britse, een Kanadese en twee Amerikaanse divisies op die strande van Normandië aan wal gestap.
Die vlootmagte se kanonvuur het die landingsmagte bygestaan en ook verseker dat voorrade aan diegene op die strande en omgewing gelewer kon word, om hul posisies te kon behou. 'n Menigte landingsvaartuie is gekelder of beskadig, maar teen skemer het die Alliansie 132 000 troepe op land gehad.
Beelde van landings op Normandië se strande met Amerikaanse kommentaar
Hierdie boodskap, van admiraal sir Bertram Ramsay, die Geallieerdes se vlootopperbevelhebber, is voorgelees aan alle soldate kort voordat hulle na die invalstrande vertrek.
Juno-strand is ingeval deur die Kanadese 3de divisie. Dit was hewig verdedig en versper met gedugte strand-hindernisse. Onstuimige see het ook die landingspogings vertraag. Die Duitsers het begin skiet net toe die Kanadese infanteries besig was om te land en die eerste aanvalsvlaag het swaar verliese gelei.
Boodskap van admiraal sir Bertram Ramsay
Permitte uitgereik op Juno-strand
Kanadese troepe by Juno-strand
VSA-troepe by Utah-strand
Brief geskrywe deur luitenant- (torpedo) offisier R. MacNab
Britse weermag se formasie-embleem Troepe in binneland naby St Gabriel Die aantog na Gold-strand
Beelde van landings op Normandië se strande met Amerikaanse kommentaar
Die aantog na Sword-strand
HMS Belfast-offisier se paradebaadjie
Brief van bevare seeman A. Jones aan boord HMS Belfast
HMS Belfast vuur op Duitse posisies, Ver-sur-Mer
Beelde van landings op Normandië se strande met Amerikaanse kommentaar
Ongevalle onder die eerste manne wat op D-dag geland het is versorg deur die weermag se mediese personeel, wat ook geland het met die eerste aanvalsvlaag. Die gewondes is gestabiliseer en teruggeneem oor die Kanaal deur landingsvaartuie. Militêre hospitale in Brittanje was op gereedheidsgrondslag om gewondes by te staan.
Nadat 'n aanvalsfront beveilig is kon veldhospitale in Normandië ingestel word, terwyl die verpleegdienste se vroue vanaf oorkant die Kanaal gekom het om die gewondes te versorg.
Private geskrifte van mej M.E. Littleboy, 'n ambulansbestuurder wat gedurende die D-dag inval op die Isle of Wight gebaseer was
'n Gewonde soldaat kry behandeling
75 000 man het op Gold-, Juno- en Sword-strand geland, terwyl daar 3000 sterftes, gewondes of soldate vermis in aksie was. 23 250 man het op Utah-strand geland, met 250 ongevalle. Onder die 34 000 VSA-troepe wat op Omaha-strand geland het, waar die Duitse weerstand die taaiste was, was daar ongeveer 2 000 ongevalle – 'n hoë verhouding van die lewensverlies wat die Geallieerdes op D-dag gelei het.
Beelde van landings op Normandië se strande met Amerikaanse kommentaar
In die geheel het die Geallieerdes op 6 Junie ongeveer 10 200 verliese gelei. Hierdie getal was laer as wat die beplanners en bevelhebbers verwag het, maar elke sterfte het smart en rou beteken vir naasbestaandes en kamerade.
Amerikaanse begraafplaas naby Omaha-strand
Project Lead—Carolyn Royston