TuisCLP / BRL • Geldeenheid
add
CLP / BRL
Vorige sluiting
0,0061
Marknuus
Meer oor Chileense peso
Die peso is die geldeenheid van Chili. Dit is oorspronklik amptelik verdeel in 100 centavos, maar reeds in 1976 is dié deeleenheid weer afgeskaf. Die pesoteken is 'n S met een of twee vertikale strepe, $, die ISO-geldeenheidkode is CLP.
Tans is muntstukke ter waarde van $1, $5, $10, $50, $100 en $500 en banknote ter waarde van $1000, $2000, $5000, $10000 en $20000 in omloop.
Die huidige peso is in 1975 in omloop geplaas, terwyl 'n vroeëre geldeenheid met dieselfde naam reeds tussen 1817 en 1960 sirkuleer het. Chili se amptelike geldeenheid is gedurende die 20ste eeu meerdere kere gewysig. 'n Tyd lank was die condor, wat onderverdeel is in 10 pesos, die wetlike betaalmiddel. Daarna is die peso en vervolgens die escudo ingevoer voordat die peso in 1974/75 heringevoer is.
Die peso/rand-wisselkoers is op 1 Mei 2016 vasgestel op ZAR 0,0215409 per $ 1,00. WikipediaMeer oor Brasilliaanse reaal
Die Brasiliaanse real is die geldeenheid van Brasilië. Een real is 'n honderd centavos.
Die naam real verwys na die Portugese woord vir koninklik.
Munte in sirkulasie is: 5, 10, 25, 50 centavos en 1 real. Die papiergeld is beskikbaar in 2, 5, 10, 20, 50 100 en 200 real.
Die eerste geldeenheid wat in Brasilië gebruik is vanaf 1624 was die gulden, tydens die besetting van Brasilië deur Nederland. Die reais word al vanaf 1654 as geldeenheid in Brasilië gebruik en was die eerste ware Brasiliaanse geldeenheid sedert 1690.
As gevolg van inflasie is die mil-réis in 1846 in gebruik geneem. Mil-réis beteken duisend real. Die mil-réis is deur die cruzeiro in 1942 vervang in 'n 1:1 verhouding, alhoewel die mil-réis nog tot in 1955 in gebruik was. Wikipedia