TuisGBP / RUB • Geldeenheid
add
GBP / RUB
Vorige sluiting
107,06
Marknuus
EUR / USD
0,012%
Meer oor Britse pond
Die pond sterling is die geldeenheid van die Verenigde Koninkryk en die afhanklike gebiede Falkland-eilande, Gibraltar, Guernsey, die Eiland Man, Jersey, Sint Helena, Ascension en Tristan da Cunha en Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande. Die amptelike ISO-kode is GBP en die valutateken is £.
Die Britse pond is die oudste geldeenheid ter wêreld wat steeds in omloop is, asook die vierde belangrikste geldeenheid wat op internasionale markte verhandel word en die derde belangrikste globale reserwe-geldeenheid. Sy waarde is die hoogste van alle belangrike geldeenhede, met 'n wisselkoers van meer as 19 ZAR in Julie 2015. WikipediaMeer oor Russiese roebel
Die Russiese roebel is die geldeenheid van Rusland, asook die vier gedeeltelik-erkende republieke van Abchasië, Suid-Ossetië, Donetsk en Loehansk. Die roebel was die geldeenheid van die Russiese Ryk en die Sowjetunie voor sy ontbinding. Belarus en Transnistrië gebruik geldeenhede met dieselfde naam.
Die roebel is onderverdeel in 100 kopeks. Die Russiese roebel is die wêreld se eerste desimale geldeenheid. Dit is gedesimaliseer in 1704 toe die roebel wetlik gelyk aan 100 kopeks gestel is. Wikipedia