TuisRUB / CLP • Geldeenheid
add
RUB / CLP
Vorige sluiting
11,46
Marknuus
Meer oor Russiese roebel
Die Russiese roebel is die geldeenheid van Rusland, asook die vier gedeeltelik-erkende republieke van Abchasië, Suid-Ossetië, Donetsk en Loehansk. Die roebel was die geldeenheid van die Russiese Ryk en die Sowjetunie voor sy ontbinding. Belarus en Transnistrië gebruik geldeenhede met dieselfde naam.
Die roebel is onderverdeel in 100 kopeks. Die Russiese roebel is die wêreld se eerste desimale geldeenheid. Dit is gedesimaliseer in 1704 toe die roebel wetlik gelyk aan 100 kopeks gestel is. WikipediaMeer oor Chileense peso
Die peso is die geldeenheid van Chili. Dit is oorspronklik amptelik verdeel in 100 centavos, maar reeds in 1976 is dié deeleenheid weer afgeskaf. Die pesoteken is 'n S met een of twee vertikale strepe, $, die ISO-geldeenheidkode is CLP.
Tans is muntstukke ter waarde van $1, $5, $10, $50, $100 en $500 en banknote ter waarde van $1000, $2000, $5000, $10000 en $20000 in omloop.
Die huidige peso is in 1975 in omloop geplaas, terwyl 'n vroeëre geldeenheid met dieselfde naam reeds tussen 1817 en 1960 sirkuleer het. Chili se amptelike geldeenheid is gedurende die 20ste eeu meerdere kere gewysig. 'n Tyd lank was die condor, wat onderverdeel is in 10 pesos, die wetlike betaalmiddel. Daarna is die peso en vervolgens die escudo ingevoer voordat die peso in 1974/75 heringevoer is.
Die peso/rand-wisselkoers is op 1 Mei 2016 vasgestel op ZAR 0,0215409 per $ 1,00. Wikipedia