TuisRUB / ETB • Geldeenheid
add
RUB / ETB
Vorige sluiting
2,09
Marknuus
Meer oor Russiese roebel
Die Russiese roebel is die geldeenheid van Rusland, asook die vier gedeeltelik-erkende republieke van Abchasië, Suid-Ossetië, Donetsk en Loehansk. Die roebel was die geldeenheid van die Russiese Ryk en die Sowjetunie voor sy ontbinding. Belarus en Transnistrië gebruik geldeenhede met dieselfde naam.
Die roebel is onderverdeel in 100 kopeks. Die Russiese roebel is die wêreld se eerste desimale geldeenheid. Dit is gedesimaliseer in 1704 toe die roebel wetlik gelyk aan 100 kopeks gestel is. WikipediaMeer oor Etiopiese birr
Die Birr is die amptelike geldeenheid van Ethiopië.
Isokode: ETB
Simbool: Br; ብር
Subeenheid: santim
Een birr is 'n honderd santim.
Munte in sirkulasie: 1, 5, 10, 25, 50 en 100 santim.
Banknote is beskikbaar in 1, 5, 10, 50 en 100 birr.
Voor 1976 was die Engelse vertaling van birr "dollar" gewees, maar deesdae staan dit amptelik as birr in Engels en ander tale bekend.
In 1931 het die Keiser van Ethiopië, Haile Selassie, formeel versoek dat die internasionale gemeenskap die naam Ethiopië gebruik in plaas van Abessinië, en die Bank van Abessinië het toe ook die Bank van Ethiopië geword. Dus kan die voor-1931 geldeenheid beskou word as die Abessiniese birr en die na-1931 geldeenheid die Ethiopiese birr, maar dit is steeds dieselfde land en dieselfde munt.
In 2008 was daar 186 miljard birr in sirkulasie gewees.
Banknote is in die onderstaande reekse deur die National Bank of Ethiopia uitgereik: Wikipedia