Google-invoernutsgoed se Chrome-bedryfstelseluitbreiding

Google-invoernutsgoed se Chrome-bedryfstelseluitbreiding laat jou in jou verlangde taal op die Chrome-bedryfstelsel tik.

Die groot verskille tussen hierdie Chrome-bedryfstelseluitbreiding en Google-invoernutsgoed se Chrome-uitbreiding is:

Kenmerk Chrome-uitbreiding Chrome-bedryfstelseluitbreiding
Gesteunde platforms Chrome-blaaier op enige rekenaar (Windows, Mac, Linux) Net Chrome-bedryfstelselrekenaars
Werk dit in die adresbalk (Omnikassie)? Nee Ja
Werk dit vanlyn? Nee Ja

Invoernutsgoed het met Chromebooks gebondel. As jy 'n Chromebook met Weergawe 28 of hoër gebruik, is jy gereed om Invoernutsgoed te gebruik. Andersins, gradeer jou Chromebook op. As jy 'n Chrome-bedryfstelsel gebruik, kan jy die Chrome-bedryfstelseluitbreiding vanaf die Chrome-webwinkel installeer.

Gaan na Instellings → Wys gevorderde instellings → Tale. Klik op die “Taal- en invoerinstellings”-knoppie. Kies die invoernutsding (-goed) wat jy wil gebruik. Let daarop dat invoermetodes gemerk as [Taalnaam in moedertaal] ([Taalnaam in Chrome UI-taal]), bv., हिन्दी (Hindi), dui op die transliterasie-tipe invoernutsgoed. Transliterasie-nutsgoed skakel jou invoer foneties in die teikentaal om.

Ná opstelling, kan jy die invoermetode wat jy wil hê, aanskakel. Klik op die invoermetode wat tans gebruik word, bv. "VS" op die lanseerder (d.w.s. die kennisgewingbalk of -paneel regs onder op jou skerm).

'n Lys van geselekteerde invoermetodes (insluitend invoernutsgoed vanaf die uitbreiding) sal wys. Kies die invoernutsding wat jy wil gebruik. Om 'n nuwe invoernutsding by te voeg, klik op "Pasmaak tale en invoer…”.

Noudat jy 'n invoernutsding gekies het, beweeg die merker na enige invoerkassie (werk ook met omnikassie), en begin tik.

Soortgelyke artikels oor hoe om individuele invoernutsgoed te gebruik: