Google-invoernutsgoed se Chrome-uitbreiding

Google-invoernutsgoed se Chrome-uitbreiding laat gebruikers toe om invoernutsgoed op enige webbladsy in Chrome te gebruik. Om Invoernutsgoed se Chrome-uitbreiding te gebruik, volg hierdie stappe:

  1. Installeer Google-invoernutsgoed
  2. Klik die uitbreidingsikoon en kies “Uitbreidingsopsies”
  3. Op die “Uitbreidingsopsies”-bladsy, kies die invoernutsding wat jy wil hê van links na regs.
  4. Dubbelklik aan die linkerkant om 'n invoernutsding by te voeg. Dubbelklik aan die regterkant om 'n keuse te verwyder.
  5. Sorteer geselekteerde invoernutsgoed deur op 'n invoernutsding aan die regterkant te klik, en dan te klik op pyltjie op- en pyltjie af-ikone.

Om 'n invoernutsding te gebruik, klik op die uitbreidingsikoon. Kies die verlangde nutsding in die aftrek-kieslys wat verskyn. Wanneer die invoernutsding aangeskakel is, sal die uitbreidingsknoppie 'n volkleurikoon word, soos . Wanneer 'n invoernutsding afgeskakel is, sal die ikoon grys wees . Wanneer jy op "Skakel af" klik, sal dit die invoernutsding afskakel. Jy kan ook op die geselekteerde invoernutsgoed klik om dit aan of af te skakel.

Noudat jy 'n invoernutsding aangeskakel het, maak 'n webbladsy oop, beweeg die merker na die invoerkassie en begin om te tik. As dit nie werk nie, verfris die webbladsy deur op te klik.

Soortgelyke artikels oor hoe om individuele invoernutsgoed te gebruik: