Handskrif

Handskrifinvoer laat jou toe om woorde direk met die muis of muisplaatjie neer te skryf. Handskrif werk met meer as 50 tale.

Om handskrifinvoer te gebruik, moet mens eers Invoernutsgoed aktiveer. Volg instruksies om Invoernutsgoed in Search, Gmail, Google Drive, YouTube, Translate, Chrome en Chrome-bedryfstelsel te aktiveer. Let daarop dat handskrifinvoer van sommige tale dalk nie in sommige van die produkte hierbo beskikbaar sal wees nie.

Kyk hierdie videotutoriaal om te sien hoe om handskrifinvoer in Google-invoernutsgoed se Chrome-uitbreiding te gebruik.

Handskrifinvoer word deur 'n potlood verteenwoordig.Wanneer jy handskrifinvoer gebruik, beweeg jou spoorbord/muis na die handskrifpaneel. Hou aan om op die muisplaatjie/muis te druk om karakters te teken. Moontlike karakters wat op jou handskrif gegrond is, sal verskyn. Kies 'n moontlikheid deur op die karakter te klik, of druk die ENTER- of SPASIE-sleutel om die eerste moontlikheid te kies.