Transliterasie

Transliterasie steun meer as 20 tale. Kyk die volgende video om uit te vind wat transliterasie is en hoe om dit te gebruik. Probeer dit ook aanlyn.

Transliterasie verwys na die metode waarin een skryfstelsel op 'n ander een afgebeeld word gegrond op fonetiese ooreenkomste. Met hierdie nutsding kan jy Latynse letters (b.v. a, b, c ens.) tik, wat dan omgeskakel word in karakters wat ooreenstemmend in die teikentaal uitgespreek word. Byvoorbeeld, in Hindi-transliterasie kan jy "namaste" intik om "नमस्ते" te kry, wat soos "namaste" klink. 'n Lys van kandidaattransliterasies kan dalk ook wys sodat jy een kan kies. Let op dat "transliterasie" verskil van "vertaling": die omskakeling is gegrond op die uitspraak, nie die betekenis nie.

Transliterasie werk met onduidelike fonetiese afbeelding. Jy hoef bloot jou beste raaiskoot oor die uitspraak in Latynse letters in te tik en transliterasie sal dit pas met die beste voorstelle. Byvoorbeeld, beide "namaste" en "nemaste" sal omgeskakel word na "नमस्ते" as 'n moontlikheid.

Om transliterasie te gebruik, moet mens eers Invoernutsgoed aktiveer. Volg instruksies om Invoernutsgoed in Search, Gmail, Google Drive, Youtube, Translate, Chrome en Chrome-bedryfstelsel te aktiveer.

Transliterasie word verteenwoordig deur 'n karakter uit die taal, soos . Klik op die ikoon om die huidige transliterasie aan of af te skakel of klik op die pyltjie langs dit om 'n ander invoernutsding te kies. Wanneer Transliterasie aangeskakel is, word die knoppie 'n donkerder grys .

Wanneer jy 'n transliterasie gebruik, tik die woord foneties in Latynse karakters. Soos jy tik, sal jy 'n lys van woordmoontlikhede sien wat op die fonetiese spelling gegrond is. Jy kan 'n woord uit die lys kies deur enige van die volgende handelinge uit te voer:

  • Druk SPASIE of ENTER om die eerste moontlikheid te kies.
  • Klik op 'n woord,
  • Voer die syfer langs die woord in,
  • Navigeer deur die lys van moontlikhede op 'n bladsy met die OP-/AF-pyltjiesleutel. Blaaii bladsye met die PAGEUP-/PAGEDOWN-sleutel. Druk SPASIE of ENTER om die gemerkte woord te kies.