Gmail
Kyk hierdie video om vinnig te sien hoe om Invoernutsgoed in Gmail op te stel.
Volg hierdie stappe om Invoernutsgoed in Gmail te aktiveer:
- Klik die rat-ikoon
in
die boonste regterhoek, en kies "Instellings".
- In die Algemeen-oortjie, kies die merkblokkie langs "Aktiveer invoernutsgoed" onder die "Taal"-afdeling.
- In die "Invoernutsgoed"-instellingdialoog wat verskyn, kan jy die invoernutsding wat
jy verkies uit die "Alle invoernutsgoed"-veld kies en die grys ikoon klik sodat dit in
die "Geselekteerde invoernutsgoed"-veld verskyn.
- Jy kan ook die invoernutsding dubbelklik om dit by die "Geselekteerde-invoernutsgoed"-veld te voeg
- Jy kan geselekteerde invoernutsgoed herorganiseer deur op 'n nutsding te klik, en dan op die op/af-pyltjie wat verskyn.
- Klik OK in die instellingdialoog
- Klik Stoor veranderinge aan die onderkant van die Algemeen-oortjie
Sodra jy Invoernutsgoed geaktiveer het, sal jy 'n invoernutsgoedikoon links van die
rat-ikoon sien, b.v.
.
Hierdie Gmail-blogplasing (ook geplaas in Google en Enterprise Blogs) stel bekend hoe Invoernutsgoed kommunikasie in Gmail oor tale heen vergemaklik.
Soortgelyke artikels oor hoe om individuele invoernutsgoed te gebruik:
Invoernutsgoed